500g varkworsies 1 ui
250ml groenteaftreksel 4 wortels, skywe
2 patats, blokkies 1 blik bone
5ml worcestersous 5ml mosterd
60ml pietersielie
Braai die worsies, hou eenkant. Soteer die ui. Voeg die aftreksel by, prut 5 minute, dan die wortels en prut weer 7 minute. Voeg patats by en prut tot al die groente sag is Sny die worsies in, voeg die res van die bestanddele by, geur. Roer die pietersielie by. Bedien met kapokaartappels.


