TUNABALLETJIES:
200g tuna, in water,gedreineer 1 middelslag wortel, geskil en gerasper
1 sny brood, in melk geweek en drooggedruk 1 eier, geklits
sout en peper na smaak olie om in te braai
RYS:
1 ui, fyngekap olie
10ml borrie 1ml rooipeper
4x250ml gaar rys 250ml ertjies (opsioneel)
Meng al die bestanddele vir die balletjies liggies met 'n vurk. Vorm balletjies en braai in vlak olie tot gaar. (lewer ongeveer 12 balletjies). Hou eenkant warm. Soteer die ui in 'n bietjie olie tot sag en voeg die borrie en rooipeper by. Voeg die rys by en roerbraai tot goed gemeng. Voeg die ertjies by indien verkies en verhit tot warm. Skep uit op 'n opdienbord en rangskik die tunaballetjies bo-op. Dien op met skyfies suurlemoen. Bedien 3-4 persone.


