1-2 knoffelhuisies, fyngedruk
1 koppie ongesoute botter
1 ui gekap
2 eetlepels sprietuie
3 x 50g vars sampioene in skyfies gesny
½ koppie koekmeelblom
1 blikkie bier
2 koppies hoenderaftreksel
1 koppie melk
1 blik "evaporated milk"
Fetakaas gekrummel
½ koppie gerasperde Parmesaankaas
5 ml tiemie
5 ml basilie [ook vir garnering]
15 ml Worcestersous
sout en varsgemaalde
rooi peper
Soteer knoffel in botter en voeg dan uie en sampioene by. Kook tot
sag. Hou eenkant. Smelt botter in groot kastrol en braai dan botter
en meel tot goudbruin. Klop bier daarin tot mengsel lekker dik word.
Meng hoenderaftreksel en en melk en giet stadig in biermengsel in.
Voeg res van bestanddele by behalwe die feta en parmesaankaas..
Geur die sop en laat kook vir 10 -15 minute. Garneer met Feta en
Parmesaankaas. Bedien 8 - 10 mense.


