300ml kapokaartappels 125ml Cheddarkaas, gerasper
250ml gaar ertjies 2 hardgekookte eiers, in skywe gesny
1 tamatie, geskil en in skywe gesny sout en peper na smaak
2x65g sardientjies, gedreineer en gekap
Meng die kapokaartappels en die gerasperde kaas en skep die helfte van die mengsel eweredig op die boom van ‘n gesmeerde oondskottel. Skep die helfte van die ertjies bo-op die aartappellaag en rangskik die eierskywe daarop. Bedek dit met tamatieskywe en geur dit met sout en peper na smaak. Rangskik die sardientjies daarop en skep die res van die ertjies daaroor. Bedek dit met die res van die kapokaartappel. Bak dit 30-35 minute lank op die middelste oondrak totdat dit goudbruin is. Bedien dit warm saam met ‘n mengelslaai.


