25ml botter 50ml koekmeelblom
250ml melk 2ml sout
varsgemaalde swartpeper 'n knippie neut
125ml cheddarkaas, gerasper 4 eiers, hardgekook
parmesaankaas
Smelt die botter in 'n kastrol, voeg die meel by en laat prut. Voeg die melk geleidelik by en roer aanhoudend totdat 'n dik witsous verkry word. Voeg sout, peper en neut by. Roer kaas by witsous. Skil en sny eiers in die helfte. Plaas eierhelftes in 'n gesmeerde, oondvaste bak, gesnyde kant na onder. Giet kaassous oor eiers en sprinkel parmesaankaas oor. Bak sowat 10-15 minute in 'n voorverhitte oond van 180C. Garneer met gekapte pietersielie. Sit dadelik voor met roosterbrood.
WENK: Enige koue vleis of gaar spekvleis kan bygevoeg word.
Vir 'n kerriegeur roer 2,5ml kerriepoeier en_ 7,5ml blatjang by die
witsous.


