Bestandele:
1 kg medium Prawns
3 - 4 medium Uie
3 medium Tamaties
250g Botter (egte)
Wit droë wyn
Crushed garlic
Swart Peper
Sout
Peri-Peri spice (Robertsons)
250ml Vars room
Voeg speserye na smaak by
Metode:
Kook uie en tamaties in water op, gooi sout en peper by na smaak
Liquidise die uie en tamatie mengsel (moet baie fyn wees)
Gooi die fyn tamatie en uie mengsel terug in die pot en voeg nou die botter by en die wyn en peri-peri na smaak. Kook tot goed gaar. (Die peri-peri moet na ‘n rukkie agter in die keel brand, nie te veel nie want dan oorheers dit. Liewers te min)
Haal die prawns se mis dermpie uit en pak die prawns kop-stert in ‘n oondpan
Gooi die gaar peri-peri sous oor die prawns en bak by 180 ºC vir 20 min nadat die sous begin kook het. Roer die prawns na 10 min om in die sous.
Gooi die sous van die prawns af terug in die pot. Voeg nou die room by, maar moet nie weer kook nie. Hou dit net warm.
Gooi nou weer die sous oor die prawns net om seker te maak die laaste lekker kom saam met die sous. Gooi dan die sous in die pot of as jy fancy is in jou voorafverhitte opskep bak.
Hou die prawns warm in die oonbak en skep uit in jou bord soos benodig.
Skep die prawns op ‘n bed van rys en gooi BAIE sous oor dit. Die prawns en die rys moet swem in die sous.
Sit voor met vars harde kors buns wat met baie botter gesmeer is. Jy moet die sous met die buns opsuig.
‘n Lekker griekse slaai rond dit mooi af


