12 geskilde piesangs, in ringe gesny 250 ml sultanas
2 groot gekapte uie 250 ml suiker
15 ml kerriepoeier 500 ml wit asyn
15 ml sout knippie rooipeper
2 stukke pypkaneel
Meng die bestanddele in 'n geskikte kastrol en prut stadig tot dik. Kook sonder 'n deksel en roer gereeld omdat dit baie maklik aanbrand. Die blatjang behoort binne sowat 35 minute dik en geurig te wees. Proe en verwyder die kaneel. Skep in gesteriliseerde flesse.. Bewaar om ryp te word.


