500g noedels van jou keuse
SOUS
2 x 250g bevrore hoenderlewers,ontdooi 60ml botter
125g streepspekvleis, swoerd verwyder en fyngekap 1 ui, fyngekap
15ml gedroogte salie 250g sampioene, in skywe
45ml sjerrie of brandewyn 15ml koekmeelblom
310ml hoenderaftreksel sout en varsgemaalde swartpeper
Was en sny die hoenderlewers in kwarte. Plaas eenkant. Verhit botter in swaarboompan, braai ui en spek daarin vir sowat 5 minute of totdat ui sag is en die spek gaar. Roer af en toe. Voeg die salie by en roerbraai 'n verdere minuut. Voeg die sampioene by en kook oor matige hitte vir 3-4 minute. Roer voortdurend. Voeg hoenderlewers by en laat kook totdat dit begin verkleur. Voeg sjerrie of brandewyn by en kook verdere 2 minute. Roer die meel by en voeg die hoenderaftreksel geleidelik by, terwyl voortdurend geroer word. Sodra gereg begin kook, bedek en laat 'n verdere 5 minute saggies prut. Geur met sout en peper na smaak. Kook die pasta in kokende soutwater tot al dente. (Die pasta moet nog ferm wees as jy dit byt, en nie sag en pap nie). Dreineer. Skep hoenderlewersous oor pasta en sit voor.
WENK
Om 'n romerige sous te verkry, kan die hoenderaftreksel met room vervang word.


