Bestandele:
Macaroni:
½ Pak macaroni – 1 teelepel kook olie in water, kook 10 min – toets dat dit stewig maar sag is. Gooi deur strainer.
Smoortjie:
3 medium uie – smoor (braai) in bietjie olie oor matige hitte
½ Blik tamaties – smoor saam met uie, sout, peper, Italian herbs na smaak
Wit sous:
Smelt 2 eetlepels margarien
Wisk 3 plat eetlepels koek meelblom oor lae hitte
Sout en peper na smaak
½ - ¾ liter melk
Eiers (gerasper):
4 Eiers hard gekook vir 10 min
Rasper die eiers op dieselfde kant as vir kaas
Eiers (geklits):
2 Eiers geklits met knippie sout en swart peper
Kaas:
250g Chedder kaas gerasper
Metode:
Gebruik plat vierkantige glas oond bak: (Spuit “Spray and Cook” op die bak)
A.) Maak 2 lae soos volg deur die bestandele om die helfte in die bak te plaas en eweredig uit te sprei:
1.) ½ van die Macaroni
2.) ½ van die Smoor
3.) ½ van die Gerasperde eier
4.) ½ van die Kaas
5.) ½ van die Wit sous
Herhaal vir tweede laag
B.) Smeer die geklitse eiers eweredig met die agterkant van ‘n eetlepel oor die laaste laag wit sous
Bak vir 30 – 40 minute by 180° Celcius (As die wit sous bruin kolle maak is dit gaar)


