500g skroefnoedels, gaar gekook 5 hardgekookte eiers
10ml olyfolie 5 stele seldery, gekap
2 komkommers in blokkies gesny 250ml blokkies Tussers kaas
handvol grasuie, gekap
SLAAISOUS:
375ml mayonnaise 12.5ml mosterd
2 fyngedrukte knoffelhuisies 45ml vars suurlemoensap
sout en peper
Meng al die bestanddele vir die slaaisous goed saam. Dop die eiers af en sny in skyfies. Meng liggies met die res van slaai bestanddele en giet die slaaisous oor. Sprinkel die grasuie oor. Lewer 10 porsies.


