250ml strooisuiker
2 eiers teen kamertemperatuur
15ml fyn appelkooskonfyt
1¼ koppie meelblom
5ml koeksoda
knippie sout
30ml botter
5ml asyn
125ml melk
SOUS:
250ml room
125ml botter
125ml suiker
125ml lemoensap, sjerrie of brandewyn
Gebruik ‘n medium grootte mengbak. Klop die eiers en strooisuiker met ‘n klitser deeglik saam tot lig en donsig. Klop die appelkooskonfyt by. Sif die droë bestanddele drie maal saam. Smelt die botter en voeg dit by die asyn en melk. Vou die droë bestanddele om die beurt met die melkmengsel by die eiermengsel. Gooi die beslag in ‘n medium grootte gesmeerde, vuurvaste oondskottel. Bak vir 45 minute teen 180C. Smelt die bestanddele vir die sous saam en gooi oor die poeding sodra dit uit die oond kom.Steek gaatjies in die poeding met ‘n vurk om die sous te help intrek. Dien warm op, saam met vla of room.


