1 dik sny brood, korsies verwyder bietjie melk
sout en peper na smaak 5ml koljander
37,5ml asyn 500g maalvleis
1 tamatie 3 repies spekvleis
50ml gerasperde kaas
Week brood, in ‘n bietjie melk, druk uit en krummel. Voeg geurmiddels by maalvleis. Voeg brood by en meng. Skil tamatie, kap in blokkies en voeg by. Druk helfte van mengsel liggies in gesmeerde oondskottel. Rangskik spekvleis en kaas bo-op. Plaas res van vleismengsel bo-oor. Skep volgende kors oor vleismengsel.
KORS:
2 eiers 125ml melk
12,5ml gesmelte botter 125ml gaar rys
125ml meelblom 5ml bakpoeier
125ml gerasperde kaas
Klits die eiers goed en voeg die melk by. Voeg botter en rys by. Sif meelblom en bak poeier by en skep bo-oor vleismengel in oondskottel. Strooi kaas oor en bak vir 1 uur by 180C.


