450 gram Lensies
1 liter Water waarin lensies oornag geweek word
1 liter Vleisaftreksel
60 gram Botter
2 Groot uie
3 Wortels
3 * 4 Spekrepies
Sout
Peper
Neut
12.5 ml Mielieblom
125 ml Melk
Week lensies oornag in water. Voeg lensies en 1 liter van weekwater by
vleisaftreksel. Braai gekapte uie, gesnyde wortels en spekrepies (in
stukkies gekap) tot liggeel in botter en voeg dit by die lensies. Kook
stadig vir 2 uur. Vryf deur sif en geur na smaak met sout en peper en
neut. Maak mielieblom aan met melk en roer dit stadig by sop om te
verdik.


