2 eiers 10ml gerasperde lemoenskil
62,5ml melk 62,5 ml lemoensap
425ml koekmeelblom 10ml bakpoeier
200ml suiker 1ml sout
125ml botter of margarien
Voorverhit oond tot 180C. Sif droë bestanddele en voeg by res. Roer met 'n houtlepel tot bestanddele goed gemeng is of klits 2 minute teen medium spoed met 'n elektrise klitser. Skep in twee gesmeerde koekpanne, 220 mm in deursnee. Bak 30 minute.
LEMOENVERSIERSUIKER
50ml margarien 5ml gerasperde lemoenskil
25ml suurlemoensap 50ml lemoensap
versiersuiker knypie sout.
Meng bestanddele saam en versier koek daarmee.


