1 lamsboud, ontbeen en soos 'n vlinder oopgesny 125ml karringmelk
10ml gegeurde seesout 2,5 ml gemaalde swartpeper
Bedruipsous:
100g gesmelte botter 2 knoffelhuisies, fyn gekap of gedruk
2,5ml suiker sap van ½ suurlemoen
Giet die karringmelk in 'n glasbak en plaas die vleis daarin. Draai dit 'n paar keer om sodat die vleis goed bedek word. Laat 24 uur lank in die koelkas marineer. Karringmelk is 'n uitstekende
versagter. Dit trek nie die vleissappe uit nie, en sal nie die smaak van die vleis op enige manier verander nie. Haal die vleis die volgende dag uit en droog versigtig met kombuispapier af. Geur met gegeurde sout en swartpeper. Meng die bestanddele vir die bedruipsous. Voorverhit die oond tot 180C. Bedek met foelie en bak vir 1½ - 2 uur lank. Draai 1 maal om en drup lepelsvol bedruipsous oor die boud. Verwyder die foelie en braai 'n verdere 15 minute lank tot mooi bruin.


