4 snye witbrood 75ml witwyn
1 knoffelhuisie, gekneus 4 repies swartwoud ham, fyngesny
gerasperde skil van 'nhalwe suurlemoen sout enpeper na smaak
25ml fyngekapte vars kruie( verskillende soorte) 4 kwartels of piepkuikens
40ml botter
DEEGKOMBERS:
1kg koekmeelblom ongeveer 400ml water
Voorverhit die oond tot 180C. Sny die korsies van die brood af en breek die brood in stukkies, plaas in 'n mengbak. Verhit die wyn en knoffel tot kookpunt en giet oor die brood. Meng deeglik en verkoel. Voeg die kruie, suurlemoenskil, swartwoudham, sout en peper by. Geur die holtes van die kwartels met sout en peper en skep die vulsel in die holtes. Braai die kwartels in botter tot bruin reg-om en halfgaar. Laat afkoel.
DEEGKOMBERS:
Meng die water bietjies-bietjies by die meel tot 'n elastiese deeg. Die deeg moet nie taai wees nie. Knie goed en druk in 'n plat sirkel op die werkoppervlak. Pak die deeg om elke kwartel, maak seker dit is goed bedek. Maak 2 ventilasiegaatjies aan die agterkant. Bak vir sowat 35 minute. Kap die deeg stukkend net voor opdiening en skep die kwartels uit. ( Die deeg word nie geëet nie)


