SA recepte/recipes
|
Gebakte ontbeende Vark Nek (Beste in ‘n WEBER)
- Ontbeende vark nek
- Sny die vleis soos ‘n boek met 3 bladsye, elk so 25mm dik en nie reg deur nie.
- Smeer oral met olyf olie
- Vryf oral met crushed garlic na smaak
- Spice elke bladsy beide kante en buite om na smaak met:
- Ina Paarman seasoned sea salt
- Ina Paarman knoffel peper
- Cajun spice (Verkieslik Cape Herb Company)
- Krummel Feta kaas en strooi eweredig in elke bladsy
- Sny 1 pakkie mushrooms in dun skywe en pak dit in die bladsye.
- Trek ‘n rek tou om die hele spul om dit bymekaar te hou (dit is nou al ‘n redelike vol spulletjie. Gebruik ‘n 110mm toilet pyp om die rek tou oop te maak) OF Maak dit met katoen tou vas (nie te styf nie)
- Bak dit oop by 180 grade tot medium gaar (jy moet met ‘n temperatuur meter in die middle van die vleis meet)
- Wanneer gaar haal dit uit en laat vir 10min staan voor jy dit sny (hierdie is baie belangrik om die vog in die vleis vas te vang anders loog alles uit)
Help my om 'gesien' te word: Share this on Facebook
|