40 ml olie 1 groot ui, in ringe gesny
1 rooi soetrissie, in repe gesny 2 wortels, in repies gesny
3 stingels seldery, in ringe gesny 300g broccoli, in blommetjies gebreek
500ml stampmielies, gaar 7ml sout
varsgemaalde swartpeper.
Verhit die olie, voeg die groente by en roerbraai die groente moet bros wees. Voeg die stampmielies en geurmiddels by en laat deurwarm word. Lewer 4 porsies.
WENK: Blokkies vleis kan bygevoeg word en as 'n noenmaalgereg voorgesit word.


