45ml olie 1 middelslag ui, gekap
410g blik heel tamaties 250g knopiesampioene
250g blomkool, in blommetjies gebreek 30ml rissiepoeier
250g murgpampoentjies, in dik skywe gesny 400g-blikke pinta-boontjies
1 groot groen soetrissie, ontpit en in repe gesny 1 knoffelhuisie, gekneus
1 groot rooi soetrissie, ontpit en in repe gesny sout en varsgemaalde swartpeper
Om voor te sit:
dik suurroom (smetena) gekapte sprietuie
gerasperde matige Cheddarkaas
Verhit die olie in 'n groot swaarboomkastrol en roer die ui by. Soteer saggies tot sag en deurskynend. Dreineer die tamaties en kap grofweg. Behou die tamatieaftreksel. Voeg die gekapte tamatie by die ui en laat 5-10 minute prut. Voeg die sampioene, blomkool, murgpampoentjies, groen en rooi soetrissies en knoffel by. Geur liggies met sout en peper, bedek met 'n digsluitende deksel en laat saggies prut vir ongeveer 15 minute of totdat die groente sag, maar nog bros is. Meng die rissiepoeier en gedreineerde tamatieaftreksel en giet oor die groente. Voeg die boontjies by en laat 'n verdere 10-15 minute prut, totdat die groente sag is en die boontjies deurwarm. Geur na smaak en sit dadelik voor.
WENK
Die pinto-boontjies kan met twee 410g blikke rooi nierboontjies vervang word.


