2 piepkuikens, deur bors en ruggraat gehalveer
SOUS:
30ml tamatiesous 30ml vrugte blatjang
20ml aangemaakte mosterd 10ml worcestersous
5ml sojasous
Voorverhit die oond tot 200C. Verwyder die been van die ruggraat en sny 2-3 diagonale kepe in die borsgedeelte van die kuikens. Meng sousbestanddele saam en verf oor die hoenderhelftes. Plaas op die oondroosterrak. Rooster vir sowat 20-25 minute terwyl gereeld met sous bedruip word.
Lewer 4 porsies.


