8 middelmatige aartappels gesoute kookwater
125ml kookolie 5ml gemengde kruie
knippie borrie (vir ‘n mooi goudbruin kleur) witpeper
Kook die aartappels in soutwater vir 10 minute. Dreineer. Meng die olie, kruie, peper en borrie en plaas die aartappels daarin tot ‘n uur voor etenstyd (Dit kan die dag vantevore al gedoen word)
Braai sowat ‘n uur lank in ‘n voorverhitte oond van 180C tot goudbruin en bros.
ONTHOU! Gebraaide aartappels moet onmiddelik opgedien word..


