Dienie:
1 Groot hoender in stukke gesny
2 Loerier blare
2 stukke kasia
1 groot tamatie sonder skil gekap
1 groot ui in ringe gesny
2 groot knoffel huisies
2 eetlepels olie
2 teelepels rissie poeier
2 teelepels borrie
2 teelpels nat kerrie / masala
4 teelepels briyanie mengsel
2 teelepels jira
Sout en peper na smaak
Meng al die bostaande bestandele en laat staan vir 2 tot 3 ure. Meng nou en dan deur
2 koppies rys
1koppie swart lensies
Voeg rys en lensies bymekaar en week in lou water vir ½ uur voor kook proses begin
Gooi half koppie olie in die pot, maak warm en voeg dan die hoendermengsel by. Braai liggies.
250ml bulgaarse yogurt
Gooi yogurt by en meng deur.
4 Groot aartapels in stukkies en versprei eweredig bo-oor
Gooi rys en lensies bo-oor
Voeg kook water oor tot net bedek
Bak in die oond vir 1uur by 180 grade. Dit is gaar as vog weg is, maar nie droog is nie.
Jasmyn
2 koppies rys - half gaar gekook
1 koppie Swartlensies
5 aartapples - liggies gaar gebraai
10 eiers – opgekook en in helfte gesny
5 Uie in ringe gesny en gebraai in olie
Speserye vir hoender (hoender moet hierin gelê word)
2 teelepels vinkel
2 teelepels koljander gebreek (Plus vars koljander blare bo oor)
2 teelepels borrie
4 (?) teelepels fyn rooi rissies
4 (?) teelepels growwe rooi rissies
6 stukkies kardemompitte
1 eetlepel knoffel
1 eetlepel gemmer
4 plat teelepels rooi, nat masala
½ koppie suurlemoen
Koppie inkomaas (suurmelk/karringmelk/natuurlike bulgaarse yoghurt)
250 gram botter - ontsout
Pak die hoender in ‘n groot pot
Sit aartappels oor en dan 10 eiers
Gooi swartlensies oor en dan rys
Gooi botter bo-oor
Sit safraan bo-op rys (opsioneel)
En dan gebraaide uie
Gooi 500 ml water bo-oor alles en laat dit vir 3 ure stadig prut tot gaar.


