Berei boerewors voor volgens eie behoefte.
DIK UIESOUS:
25ml margarien 2 groot uie(fyngekap)
125ml rys 125ml vleisaftreksel
2.5ml sout 1ml peper
1 eiergeel 12.5ml room
Smelt die smeer. Braai die ui tot deurskynend. Voeg die rys en aftreksel by. Voeg die sout en peper by. Kook 30minute lank. Die rys moet baie sag wees. Vryf die mengsel deur 'n sif of versap dit. Roer die eiergeel en room of bo-melk by.


