Wil Heer my deur die nag beskerm,
en wil U oor my lot ontferm.
O, slaan my, hulploos, gade.
Skenk na die nag die nuwe dag
en ryklik u genade.
Heer Jesus, U het my gelei;
O, bly my altyddeur naby,
en maak my vry van sorge.
O, laat my gees nou onbevrees
rus tot die vroeë morge.
O Gees, skenk vrede in my gemoed,
en laat my rus deur Jesus bloed.
Die awend van my lewe
sal ek U bly my loflied wy
vir alles my gegewe.
Written by Woorde: G.G. CILLIÉ Musiek: S. CALVISIUS





