Daar bo op die berg lê klein Vogelgesang,
die tuinplaas van ryk oom Kobus Malan.
Hy woon daar alleen met sy dogter Willemien,
'n meisie so mooi as jy ooit het gesien.
Haar neus staan so fyn, die fatsoen is so fraai
dat as ek haar aankyk my kop sommer draai;
haar handjies so lief en haar vingers so fyn,
haar voetjies nes die van 'n kindjie so klein.
Dus laat ons dan ry na klein Vogelgesang
en vry na die dogter van Kobus Malan.
Hul woon daar alleen; maar sy's glad nie van plan
haar lewe lank so te bly sonder 'n man.
Written by Woorde: Tradisioneel Musiek: S.A. Volkswysie; verwerk: ANTON HARTMAN





