Kokke, kokkewiet, wiet, wiet,
my nessie sit in die riet, riet, riet;
die mense soek verniet, niet, niet!
Kokkewiet!
Akkel, akkeldis, dis, dis,
so blink en glad soos 'n vis, vis, vis;
jy vang verniet: dis mis, mis, mis,
akkeldis!
Skilpad, skilpaddop, dop, dop,
so hard jy kan maar klop, klop, klop;
die ou laat hom nie fop, fop, fop.
Skilpaddop!
Written by Woorde: P. MCLACHLAN Musiek: Volgens Nederlandse Wysie





