Doedoe kindjie, doedoe.
Die sonneskyn het verdwyn
en spelery is verby;
daarom kindjie, doedoe!
Doedoe kindjie, doedoe.
Die bok en skaap het gaan slaap,
maar kat en hond loop nou rond;
daarom kindjie, doedoe!
Doedoe kindjie, doedoe.
Die hoenderhaan toe-oog staan,
Maar katoog-uil hoor ek huil;
daarom kindjie, doedoe!
Doedoe kindjie, doedoe.
Die liewe maan kom al aan
en daarvan ver roep die ster:
Kom nou kindjie, doedoe.
Written by Woorde: EMANUEL DE ROUBAIX Musiek: HANS ENDLER; verwerk: G.G. CILLIÉ


