Slaap, my kindjie, slaap sag, onder rose vannag.
Eers die armpies om my nek en dan warmpies toegedek.
Môre vroeg, as God wil, word my kindjie gewek;
môre vroeg, as God wil, word my kindjie gewek.
Slaap, my kindjie, slaap sag, onder eng'le se wag;
hulle toon jou in 'n droom kindjie Jesus se boom.
Slaap nou soet, hulle wys jou 'n droomparadys,
Slaap nou soet, hulle wys jou 'n droomparadys.
Written by Woorde: JAN F.E. CELLIERS Musiek: JOHANNES BRAHMS; Op. 49 nr. 4





