In stille nag, vol sterreprag, het sag 'n stem gebewe;
'n droewe kreet uit harteleed kom na my aangeswewe.
En ook by my, in medely, vloei trane oor my wange;
so groot my smart, so seer my hart, so eind'loos my verlange.
Die silwer maan wou ondergaan, sy lyk so droef en eensaam;
en sterrelig verdof en swig as sware wolk verbygaan.
Die lower hang; geen voëlgesang, geen juigtoon uit die weide.
Die heel natuur moet smart verduur, so swaar my leed en lyde.
Written by Woorde: F.J. EYBERS en P. MCLACHLAN, na 'In stiller Nacht zur ersten Wacht' Musiek: JOHANNES BRAHMS; verwerk: G.G. CILLIÉ





