•Teachings  + •My music  + •Praise songs & Quitar chords  + •Afrikaans Kultuur  + •Afrikaanse Musiek  + •Afrikaanse MP3  + •SA Resepte  + •Afrikaanse Gedigte  + •Books  + •SA Locate  + •ect  +



All >> A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z

Lyrieke and Musiek





































































































































































































































































































































































































































Laai af / luister: WAAR TAFELBERG BEGIN (benodig Quicktime? )

WAAR TAFELBERG BEGIN

Waar Tafelberg begin tot ver in die Transvaal,
woon één verenig'd volk, één algemene taal.
'n Volk voorheen misken, 'n volk voorheen gesmoord
maar nou beroemd, geëerd in Oos, Wes, Suid en Noord.

Die Afrikaanse taal die klink vir ons so soet;
dit is ons moedertaal, sit in ons murg en bloed.
Ons ruil dit vir geen taal, al is die nog so skoon,
daarvoor het ons gely veragting, smaad en hoon.

Europa!  Roem gerus op al jou grote prag,
ons wil ons lot nie ruil, nie vir 'n enkel dag;
by jul is plaasgebrek en dikwels hongersnood,
by ons is goud en grond en wie wil werk, het brood.

Die heil'ge Bybelboek word by ons hoog geëer,
ons ag dit as die Woord van onse liewe Heer.
Dit leer wat ons moet doen en dis vir ons genoeg;
ons bring dit waar ons kom tesame met die ploeg.

Gedenk aan Volk en Land, getroue Hemelheer!
Sien gunstig ook op ons soos op ons Vaders neer;
bekroon ons handewerk en skenk ons u gena';
en seën, liewe Heer, geliefd' Suid-Afrika.

Written by Woorde: C.P. HOOGENHOUT Musiek: Ou S.A. Volkswysie; verwerk: DIRKIE DE VILLIERS


 Add A Comment Here
hide







Help my om 'gesien' te word: Share this on Facebook