Waar die kop van Tafelberg deur die wolke steek,
tot waar die Limpopo-stroom deur die bergwal breek;
waar oor uitgestrekte veld rol die ossewa:
Daar is my Vaderland, my Suid-Afrika,
daar is my Vaderland, my Suid-Afrika.
Waar die springbok vrolik speel in die geile gras,
en die kraanvoël statig sweef oor die waterplas;
sonskyn volop, helder lug, wat meer kan jy vra?
Daar is my Vaderland, my Suid-Afrika,
daar is my Vaderland, my Suid-Afrika.
Waar protea's berg en rand sier met skoonste kleur,
en die aandblom elke vlei vul met blommegeur;
waar die akkers wyd en syd rykste oeste dra:
Daar is my Vaderland, my Suid-Afrika,
daar is my Vaderland, my Suid-Afrika.
Waar 'n Christen-nasie woon, moedig, edel, sterk,
Wat vir vryheid, vrede en reg eensgesind wil werk;
waar 'n volk in God nog glo, nog sy seën vra:
Daar is my Vaderland, my Suid-Afrika,
daar is my Vaderland, my Suid-Afrika.
Written by Woorde: P.J. KLOPPERS Musiek: 'Limburg is my Vaderland', H. THYSSEN; verwerk: CHRIS LAMPRECHT





