•Teachings  + •My music  + •Praise songs & Quitar chords  + •Afrikaans Kultuur  + •Afrikaanse Musiek  + •Afrikaanse MP3  + •SA Resepte  + •Afrikaanse Gedigte  + •Books  + •SA Locate  + •ect  +



All >> A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z

Lyrieke and Musiek





































































































































































































































































































































































































































Laai af / luister: VRYHEIDSLIED (benodig Quicktime? )

VRYHEIDSLIED

Vrome vad're fier en groot!
Deur vervolging, ramp en nood,
was hul leuse, tot die dood:
Vryheid!  Vryheid!

Erfnis van hul moed en trou
is die grond waar ons op bou.
Juigend tot die hemelblou:
Vryheid!  Vryheid!

Ere wie die dood mag lei
om te rus aan hulle sy,
met die sterwenswoord te skei:
Vryheid!  Vryheid!

Op dan, broers en druk hul spoor,
voorwaarts, broers, die vaandel voor,
laat die veld ons krygsroep hoor:
Vryheid!  Vryheid!

Woes geweld mag hoogty hou,
kettings mag ons lede knou,
maar die leuse bly ons trou:
Vryheid!  Vryheid!

Jukke mag vir slawe wees,
manneharte ken geen vrees,
duld geen boei vir lyf of gees:
Vryheid!  Vryheid!

Opgeneem met die welwillende toestemming van die komponis en van die uitgewers G. Alsbach & Co., Amsterdam, uit Zes Liederen, 18de reeks, van Emiel Hullebroeck.

Written by Woorde: JAN F.E. CELLIERS Musiek: EMIEL HULLEBROECK


 Add A Comment Here
hide







Help my om 'gesien' te word: Share this on Facebook