Vrolik soos die vlindertjie,
nooit droef of olik nie,
tussen die kleure, tussen die geure.
Wees soos die vlindertjie,
sorgloos en kommervry,
vrolik, vrolik, vrolik en bly!
Vrolik soos die voëltjie,
wat deur die lugruim vlie,
dart'lend en draaiend, swenkend en swaaiend.
Wees soos die voëltjie,
op eie wieke vry,
vrolik, vrolik, vrolik en bly!
Vrolik soos die sterretjie,
wie beny die reinheid nie,
van jou gesiggie, vriend'like liggie?
Wees soos die sterretjie
wat liefdeslig versprei,
vrolik, vrolik, vrolik en bly!
Written by Woorde: THEO W. JANDRELL, na 'Froh wie die Libell am Teich' Musiek: F. HILLER; verwerk: PIERRE MALAN





