Tula, tula, tula nou, tula, terwyl my babatjie slaap.
O muisies, staak jul wilde gejakker;
ou kriekie tula, jy raas hom wakker!
O tula, tula nou, o tula, terwyl my babatjie slaap.
Tula, tula, tula nou, tula, aan moeders boesem gerus.
Die muisies sal my baba nie steur nie,
ou kriekie lala, hy raas nie meer nie!
O tula, tula nou, o tula, aan moeders boesem gerus.
Written by Woorde: THEO W. JANDRELL Musiek: PIERRE MALAN


