Hoor hoe die tortel roep: roe-koe-koe-koe!
Sag koer die wyfie hom so vriend'lik toe.
Wat sê die tortel met roe-koe-koe-koe?
Hoor hoe hy smeek en roep, o hoor tog hoe!
Stil is die tortel nou, geen roe-koe-koe.
Wyfietjie koer hom nie meer vriend'lik toe.
Wat sou die tweetjie doen, roe-koe-koe-koe?
Waarnatoe hierdie somer, waarnatoe?
Hoor hoe my hartjie klop: doe-dou, doe-dou.
Wat is die antwoord van jou hartjie nou.
Wat sou my hart bedoel, doe-dou, doe-dou?
Hy sê dat hy verlang alleen na jou.
Written by Woorde: EITEMAL, na H. Löns: 'Der Tauber ruft' Musiek: F. JÖDE; verwerk: PIERRE MALAN


