O land van ons vaders, so ruim en so vry,
ons sing van jou glorie, verruk en verbly;
jou stryders het dapper hul laste gedra,
vir vryheid wat Vaderland vra
[REFREIN]
Suidland, my land, ons Vaderland;
ons hart en ons hand jou liefde ten pand;
tot sterwens toe, ons Vaderland.
O tuiste, o Suidland, ons woning, ons trots,
jou berge en vlaktes, jou seestrand en rots;
jou bodem so kosbaar dit wil ons behou,
bewaar met ons liefde en trou!
[REFREIN]
Suidland, my land, ons Vaderland;
ons hart en ons hand jou liefde ten pand;
tot sterwens toe, ons Vaderland.
Beskimp en gehoon deur die vyand so sterk,
dit staal ons tot deugsame ywer en werk;
standvastig gee ons aan mekaar dan die hand,
in diens van ons volk en ons land.
[REFREIN]
Suidland, my land, ons Vaderland;
ons hart en ons hand jou liefde ten pand;
tot sterwens toe, ons Vaderland.
Written by Woorde: JAN H. PIENAAR: Vers 1; P. MCLACHLAN: Vers 2, 3 Musiek: Walliese Volkslied, J. JAMES; verwerk: ANNE WIUM





