Suikerbossie, 'k wil jou hê,
Suikerbossie, 'k wil jou hê,
Suikerbossie, 'k wil jou hê;
wat sal jou mamma daarvan sê?
Dan loop ons so onderdeur die maan,
dan loop ons so onderdeur die maan,
dan loop ons so onderdeur die maan--
ek en my Suikerbossie saam!
Sy kan nie kos kook nie, haar kos is rou;
sy kan nie tee maak nie, haar tee is flou;
sy kan nie brood bak nie, dis als verbrou:
tog wag ek, Suikerbossie, net vir jou!
O Siena, ek's lief vir jou;
Siena, ek's lief vir jou,
Siena, ek's lief vir jou;
Siena, wat sê jou mamma nou?
Written by Woorde: Tradisioneel Musiek: S.A. Volkswysie; verwerk: PIERRE MALAN





