•Teachings  + •My music  + •Praise songs & Quitar chords  + •Afrikaans Kultuur  + •Afrikaanse Musiek  + •Afrikaanse MP3  + •SA Resepte  + •Afrikaanse Gedigte  + •Books  + •SA Locate  + •ect  +



All >> A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z

Lyrieke and Musiek





































































































































































































































































































































































































































Laai af / luister: STIL DEUR DIE NAG (benodig Quicktime? )

STIL DEUR DIE NAG

As die nagwind saggies fluister--stil deur die nag--
en die bome bewend luister--stil deur die nag--
dan ruis in my droewe sange weemoed en 'n stil verlange
na die dae van vergange--stil deur die nag.

Slaap, geliefde, soet jou drome--stil deur die nag--
in die ruising van die bome--stil deur die nag--
sal ek huiw'rend sag verbygaan, jou nie steur nie, net maar stilstaan,
skuilend in die skadu's weggaan--stil deur die nag.

As die maanlig my omgewe--stil deur die nag--
silwer wolkies ver weg swewe--stil deur die nag--
dan vergeet ek al die wrede hunk'ring na 'n soet verlede,
voel ek rustig en tevrede--stil deur die nag.

Written by Woorde: P. MCLACHLAN Musiek: Walliese Volkswysie; verwerk: DIRKIE DE VILLIERS


 Add A Comment Here
hide







Help my om 'gesien' te word: Share this on Facebook