Staan, Pollie, staan,
en laat jou gedagte gaan--
dat jy vir my kan sê
of jy vir my wil hê.
Sit, Pollie, sit,
en luister nou--hier is dit:
As jy nog langer draai,
maak ek 'n ander swaai.
Slaap, Pollie, slaap,
as jy dan wil sit en gaap;
en droom jy's baie mooi--
net juis my regte nooi.
Loop, Pollie, loop,
en gaan vir jou trougoed koop;
en sorg jy dat dit pas,
en goed bly deur die was.
Kom, Pollie, kom--
kyk, hier's jou bruidegom;
wil jy nie met my trou,
dan trou ek maar met jou.
Written by Woorde: C.J. LANGENHOVEN Musiek: S.A. Volkswysie; verwerk: BOUDEWYN SCHOLTEN





