Skyn weer die somerson helder oor berge en dale
dan pryk al die kleure van moeder natuur
en in die nessies versorg al die voëltjies hul kleintjies;
dit kwetter en fluit soos hul same baljaar.
Die windjie waai uit die noorde, die wolke kom dreigend,
die diere verstom en die blomme gaan toe.
Daar in die verte verskyn nou die flitse van weerlig
en netnou kom druppels wat alles deurweek.
Maar al die wolke verdwyn nou, die son skyn so helder,
die reënboog buig bo aan die hemel so mooi.
En al die diere verskyn weer, die blomme gaan ope;
dis heerlik daar buite in moeder natuur.
Met vriendelike vergunning van R. Müller, Bpk.
Written by Woorde: G.G. CILLIÉ Musiek: FRANZ SCHUBERT; verwerk: JOSEPH S. MANCA





