Sneeu, sneeu, lieflike sneeu
daal op die aarde neer;
daal op die aarde neer;
op die aarde neer.
Dit val en dit swewe;
dit sterf en dit lewe.
O kyk tog hoe kom dit alweer.
Sneeu, sneeu, heerlike sneeu!
Moeder, kom kyk tog hoe fraai!
Sneeu, sneeu!
Moeder, kom kyk tog hoe fraai!
Miljoene klein vlokkies
in stukkies en brokkies
word wyd oor die wêreld gesaai,
miljoene klein vlokkies
in stukkies en brokkies
word wyd oor die wêreld gesaai.
Lieflik en rein
en wit is die sneeu,
lieflik en rein.
Moeder, dit val en dit sweef
in brokkies en stukkies
met stote en rukkies--
presies of die hele lug leef!
Written by Woorde: A.D. KEET Musiek: M.C. ROODE





