•Teachings  + •My music  + •Praise songs & Quitar chords  + •Afrikaans Kultuur  + •Afrikaanse Musiek  + •Afrikaanse MP3  + •SA Resepte  + •Afrikaanse Gedigte  + •Books  + •SA Locate  + •ect  +



All >> A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z

Lyrieke and Musiek





































































































































































































































































































































































































































Laai af / luister: SANTJIE VAN SOENDAL (benodig Quicktime? )

SANTJIE VAN SOENDAL

Santjie van Soendal, o nooi van my hart,
bron van my vreugde en bron van my smart;
vreug as daar een is, en ek is die een,
smart as daar tientalle draai om jou heen.
Santjie van Soendal, my rykdom, my goed,
jy is my lewe, my vlees en my bloed.

Santjie, as saans daardie lastige skaar,
al daardie kêrels om jou kom vergaar,
word een vir een dors en volg jou brutaal
kastig kombuis toe om water te haal,
Santjie, dan wonder ek stil op my plek
of elke vent ook maar dors word soos ek.

Santjie, ag nee, daardie lippies so rooi
hoort aan g'n ander, hul is veels te mooi!
Kêrels wat rondloop se dors kom te gou;
dis nie vir water maar Santjie om jou.
Santjie, ontvlug hierdie wêreld se dors
stil aan die rus van my manlike bors.

Santjie laat my altyd water gaan kry,
almal bedien wat aan dorstigheid ly.
As van die lummels my in die kombuis
woedend bedank onder kneukel en vuis,
Santjie, al moet dit my aanskyn bederf,
ek wil in lyding my hemel beërf.

Written by Woorde: EITEMAL; gewysig: P. MCLACHLAN Musiek: FRIEDRICH SILCHER, 1825; verwerk: G.G. CILLIÉ


 Add A Comment Here
hide







Help my om 'gesien' te word: Share this on Facebook