•Teachings  + •My music  + •Praise songs & Quitar chords  + •Afrikaans Kultuur  + •Afrikaanse Musiek  + •Afrikaanse MP3  + •SA Resepte  + •Afrikaanse Gedigte  + •Books  + •SA Locate  + •ect  +



All >> A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z

Lyrieke and Musiek





































































































































































































































































































































































































































Laai af / luister: SALUT D AMOUR (benodig Quicktime? )

SALUT D AMOUR

Ek ry in die veld in die môre,
ek drink uit die kelk van die nag
'n heildronk geskep deur Aurore,
uit die bruisende bron van die dag.
Hoe glinster dit al in die ronde
met pêr'lende trane van dou.
Gedroom het, in nagt'like stonde,
die blomme, my Liefste, my Liefste, van jou!
Hoe fluister dit al deur die blare,
so bly op die heldere noen,
die wind het gespeel met jou hare,
jou lippe, my Liefste, gesoen.
Keer weer, o bevoorregte winde,
en bring, as die weste verkleur,
'n groet van die veld, my beminde,
my boodskap met blomme se geur.

Written by Woorde: A.G. VISSER Musiek: S. LE R. MARAIS


 Add A Comment Here
hide







Help my om 'gesien' te word: Share this on Facebook