Knapie sien 'n rosie staan,
Rosie van die velde.
Haastig het hy toe gegaan,
staar dit met verrukking aan;
sien so 'n skoonheid selde.
Rosie, rosie, rosigrooi,
Rosie van die velde.
Knapie sê: Ek pluk jou nou,
Rosie van die velde.
Rosie sê: Dan steek ek jou
dat jy altyd sal onthou
Rosie steek met spelde.
Rosie, rosie, rosigrooi,
Rosie van die velde.
Maar die ruwe knapie breek
Rosie van die velde.
Rosie hou haar woord en wreek
Knapie's moedswil met 'n steek--
tog moet sy't ontgelde.
Rosie, rosie, rosigrooi,
Rosie van die velde.
Kyk ook nommer 347.
Written by Woorde: H.F.G. KUSCHKE, na Goethe Musiek: HEINRICH WERNER





