•Teachings  + •My music  + •Praise songs & Quitar chords  + •Afrikaans Kultuur  + •Afrikaanse Musiek  + •Afrikaanse MP3  + •SA Resepte  + •Afrikaanse Gedigte  + •Books  + •SA Locate  + •ect  +



All >> A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z

Lyrieke and Musiek





































































































































































































































































































































































































































Laai af / luister: PSALM 6 (benodig Quicktime? )

PSALM 6

[1]
Wil my, o Heer, nie straf nie,
wys my in toorn nie af nie,
sien my genadig aan;
laat in my teëspoede
'n alte strenge roede
my nie met gramskap slaan!

[4]
Keer weer tot my bevryding,
verlos my uit my lyding,
straal goedheid op my af.
Want daar's geen lofgedagte
vir U in dood se nagte,
geen lofstem in die graf!

[7]
Wyk weg in julle broosheid,
o werkers van godd'loosheid,
want God kom naderby.
In my geween en smeking,
verbrys'ling en verbreking
verhoor die Here my.

[8]
Waar is my teenpartyders?
'n Skrik het my bestryders
verstom en om laat keer.
Hul hoogheid lê aan bande,
'n oogwink--en hul skande
daal op hul koppe neer.

Liederwysie, soos voorgesing deur ds. J.P.W. de Vries en opgeteken deur G.G. Cillié in 1952.  Die teks is opgeneem met die welwillende toestemming van die kopiereghouer: Die Gereformeerde Kerk in Suid-Afrika.

Written by Woorde: Afrikaanse Psalm- en Gesangboek Musiek: Liederwysie; verwerk: G.G. CILLIÉ


 Add A Comment Here
hide







Help my om 'gesien' te word: Share this on Facebook