•Teachings  + •My music  + •Praise songs & Quitar chords  + •Afrikaans Kultuur  + •Afrikaanse Musiek  + •Afrikaanse MP3  + •SA Resepte  + •Afrikaanse Gedigte  + •Books  + •SA Locate  + •ect  +



All >> A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z

Lyrieke and Musiek





































































































































































































































































































































































































































Laai af / luister: PSALM 45 (benodig Quicktime? )

PSALM 45

My hart, ontroer deur mymering,
sal lieflik van 'n Koning sing.
My tong, deur digvuur aangedryf,
is soos 'n pen wat vaardig skryf.

U's skoon!  Geen skoon wat daarby haal.
Bevalligheid van trek en taal
is oor u lippe uitgestort--
U wat deur God geseën word.

U klere is mirre en alewee,
en balsemgeur sweef met U mee;
uit u ivore-koningshuis
kom wonderskone snaargeruis.

Ek sal, o Vors, U eer bewys,
u Naam déúr die geslagte prys.
Die volke sal, in U verblyd,
U loof vir ewig en altyd.

Uit 'Met Hart en Mond', Rosa Nepgen (N.G. Kerk-Uitgewers), 1966.  Die teks is opgeneem met die welwillende toestemming van die kopiereghouer: Die Gereformeerde Kerk in Suid-Afrika.

Written by Woorde: Afrikaanse Psalm- en Gesangboek Musiek: ROSA NEPGEN, vrye bewerking van motiewe uit die Geneefse melodie


 Add A Comment Here
hide







Help my om 'gesien' te word: Share this on Facebook