•Teachings  + •My music  + •Praise songs & Quitar chords  + •Afrikaans Kultuur  + •Afrikaanse Musiek  + •Afrikaanse MP3  + •SA Resepte  + •Afrikaanse Gedigte  + •Books  + •SA Locate  + •ect  +



All >> A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z

Lyrieke and Musiek





































































































































































































































































































































































































































Laai af / luister: PRESIDENT BRAND SE REIS NA ENGELAND (benodig Quicktime? )

PRESIDENT BRAND SE REIS NA ENGELAND

Oom Jannie het Eng'land toe gegaan omdat hy wou gaan kla het,
dat Barkley, Southey en Lang-Jan hom al te veel gepla het.
O, wag 'n bietjie, ja, wag 'n bietjie,
wag dan 'n bietjie en dan kom alles reg!

As ek hul sê: 'Dit is nie reg dat hulle van ons land en steentjies
ons wou beroof', dan word hul kwaad en sê: 'Loop na die eendjies!'
O, wag 'n bietjie, ja, wag 'n bietjie,
wag dan 'n bietjie en dan kom alles reg!

Hy sê: 'Victoria!  Hul't ons land met al die diamante
maar sommer van ons afgevat, sowaar, my liewe Tante!'
O, wag 'n bietjie, ja, wag 'n bietjie,
wag dan 'n bietjie en dan kom alles reg!

'Dan gee'k jou veertig duisend pond om die diefstal te bedekke.
En wil jy dit nie vat, ou Jan, dan kan jy sommer trekke.'
O, wag 'n bietjie, ja, wag 'n bietjie,
wag dan 'n bietjie en dan kom alles reg!

Toe word oom Jan so opgeruim oor sy land en diamante;
hy spring daar op en soen sowaar sy liewe oue tante.
O, wag 'n bietjie, ja, wag 'n bietjie,
wag dan 'n bietjie en dan kom alles reg!

S.A. Volkswysie, soos opgeteken deur mev. Jo Fourie en dr. Elizabeth Conradie.  Uit 'Die Volkslied: Weerklank van 'n volk se hartklop', Jan Bouws (HAUM).

Written by Woorde: Anoniem Musiek: S.A. Volkswysie; verwerk: JAN BOUWS


 Add A Comment Here
hide







Help my om 'gesien' te word: Share this on Facebook