Slaap Pikaninie, ons vee's in die kraal--
almal ons skapies en bokkies.
Môre vroeg kry jy van soetpap 'n maal,
en 'n paar spierwitte sokkies.
Doe-doe, doe-doe!
Doe-doe, doe-doe!
Slaap Pikaninie, die ou bobbejaan
ken mos vir jou vantevore.
As jy nie slaap, kan jy seker wees, man,
byt hy jou neus af en ore.
Doe-doe, doe-doe!
Doe-doe, doe-doe!
Pappie kom môre terug van die dam;
ry op sy vet ou kapater.
As hy dan hoor hoe jy soet was, my lam,
hoe sal jou Pappie dan skater!
Doe-doe, doe-doe!
Doe-doe, doe-doe!
Kruip nou maar diep in jou velkombers in;
Mammie bak lekker vars tertjies.
As jy nie slaap kry ou Mombak sy sin,
slaat Pikanien op sy stertjies.
Doe-doe, doe-doe!
Doe-doe, doe-doe, doe!
Met verlof van J.L. van Schaik, Bpk., Pretoria.
Written by Woorde: WALTER SPIETHOFF Musiek: WALTER SPIETHOFF; verwerk: BLANCHE GERSTMAN


