Daar buite drup, drup, drup 'n sagte somerreën;
hier binne is elke drup 'n soen en elke soen 'n seën.
Daar buite deur die wolke skiet kort-kort 'n bliksemflits;
hier binne is dit die liefdeslig wat in jou ogies blits.
Daar buite hoor ek onweer rammel soos 'n holle trom.
Tot siens, my skat, ek moet laat spat; dit is jou ma wat kom.
Written by Woorde: EITEMAL Musiek: JAN BOUWS





