•Teachings  + •My music  + •Praise songs & Quitar chords  + •Afrikaans Kultuur  + •Afrikaanse Musiek  + •Afrikaanse MP3  + •SA Resepte  + •Afrikaanse Gedigte  + •Books  + •SA Locate  + •ect  +



All >> A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z

Lyrieke and Musiek





































































































































































































































































































































































































































Laai af / luister: OU KAROOLAND (benodig Quicktime? )

OU KAROOLAND

Ek hou van jou, vaal ou Karooland,
van Kaap tot Oranje se wal.
Ek sing van die boomryke Boland,
van Vrystaat, Transvaal en Natal;
maar liewers van jou, ou Karooland,
want jou min ek ver boweal!

Ek hou van jou brandende sonlig,
van blomme gedrenk met jou dou;
ek smag na jou wolklose lugruim...
die hemel se suiwerste blou.
Ek hou van Natal en die Vrystaat,
maar nooit nie soveel as van jou!

Ek hou van jou, vaal ou Karooland,
as donders na lang droogte knal,
as storms oor jou velde weer losbreek,
en gousblomme bloei overal.
Ek hou van Transvaal en die Boland,
maar jou min ek ver boweal!

Ek hou van jou rustige vlaktes,
as rooidag sy glorie ontvou,
en arende sweef deur jou hemel,
totdat hul verdwyn in die blou.
Ek hou van Natal en die Vrystaat,
maar ruil hul tog nimmer vir jou!

Ek hou van jou, vaal ou Karooland,
as hoog teen die rooikant daarbo
die aalwyn op brandwag staan, eensaam,
met ganna, harpuis en kambro.
Ek hou van Transvaal en die Boland,
maar meeste van my ou Karoo!

Written by Woorde: THEO W. JANDRELL Musiek: H. KROME; verwerk: DIRKIE DE VILLIERS


 Add A Comment Here
hide







Help my om 'gesien' te word: Share this on Facebook